Net toe ek dink dat ek alles gesien het, het ek hierop afgekom!
Prezi, soos julle teen nou al weet as julle Onnies Online volg, is ‘n aanlyn aanbieding platform waarop jy aanbiedings kan skep wat opwindend is en leerders sommer lekker wakker hou. Dink aan ‘n PowerPoint sonder al die simpel animasies. Kombineer dit nou met ‘n groot bladsy waarop jy kan inzoem en siedaar – Prezi!
Hierdie Prezi is iets anders. Prezi-gebruiker, Wilmari Pretorius, het hierdie Prezi geskep om Tye aan haar leerders te verduidelik.
Aan die begin ontmoet jy vir Timmie. Hy gaan sommer die hele klas op ‘n avontuur neem.
Wanneer Timmie al sy tydwoorde ken, kan hy uiteindelik op ‘n toer deur tyd gaan. Lekker!
Hier is die volledige Prezi. Dis altyd lekker om gratis hulpbronne op die internet te ontdek. Indien jy van iets anders weet, lewer hier onder kommentaar of stuur vir ons ‘n e-pos.
Indien die Prezi nie hier werk nie, kan jy op hierdie skakel klik: Prezi – Tye (Tenses).
Geniet dit!
estelleke
Dit is ongelooflik. Wonderlik.
Ek kry net rillings elke keer as daar se sonder ‘n kappie is, en reel sonder deeltekens.
Kan ‘n mens dit regmaak?
Gelukwense vir Wilmari Pretorius!