Kyk bietjie díé video waarin Linda Armstrong in ‘n les haar leerders leer hoe om klinkers korrek te gebruik.
Hierdie onnie is baie slim. Sy maak seker dat leerders aktief leer en besig bly regdeur die hele les. Afrikaans EAT-onnies sal weet dat een van die grootste probleme wat leerders het uitspraak is. Deur vir elke klinker (klank) ‘n beweging te gee, onthou die leerders sommer maklik hoe om hul mond te vorm om die regte klank te maak. Ek het dit onlangs met my graad sewes getoets en moet sê dit werk soos ‘n bom!
Watter idees het jy? Wat doen jy in jou klaskamer? Lewer gerus kommentaar en laat weet ons!
Onlangse artikels en hulpmiddels
Annelene Muller
Waar kan ek die handtekens vir di afrikaans klanke be kom? Groot asb!
Baie danki
Rencia Krause
Dit is ongelooflik en so ‘n oulike manier om klinkers aan te leer. Ons kan dit ook in die ander gradegebruik. Baie dankie.
Elize v d Merwe
Baie oulik. Sal dit defnitief probeer.