Hierdie week deel ons weer ‘n artikel wat deur Neill Jarret van EDTECH4BEGINNERS geskryf is. Neill is ‘n klasonderwyser in Sjina en sy blog help duisende onnies met idees vir tegnologie in die klaskamer. Dankie, Neill dat ons dit mag deel!
Dr Spencer Kagan is ‘n bekende opvoeder wat die manier waarop die wêreld onderrig het, verander het. Hy is hoofsaaklik bekend vir sy werk oor koöperatiewe leerstrategieë (dikwels word dit na verwys as Kagan-leerstrukture).
In plaas van didaktiese onderrig, waarin ‘n onderwyser voor ‘n klas staan en inligting aan die klas vertel, het Kagan gedink dat daar meer effektiewe metodes was.
Kyk na hierdie uitstekende video, vir ‘n nuttige oorsig van die Kagan-benadering:
Deur die aanneming van Kagan se benadering het navorsing getoon dat die volgende baie verbeter:
- Spanbou
- Sosiale vaardighede
- Kommunikasie vaardighede
- Kennisbou
- Besluitneming
- Verwerking van inligting
- Dinkvaardighede
- Aanbieding van inligting
Hier onder is Neill Jarrett se gunsteling koöperatiewe leerstrategieë:
Ten slotte kan hierdie apps die Kagan-benadering werklik ondersteun:
- Todays Meet – ‘n Klaskamer kletskamer wat besprekings aanlyn moontlik maak.
- Google Docs – Werk maklik saam aan projekte.
- Sound recorders – Uitstekend vir eweknie-evaluering en lesrefleksie.
- Padlet – ‘n digitale ‘muur’ waarop idees en werk gedeel kan word.
- QR Codes – ‘n Maklike manier om inligting te versprei.
ONNIES ONLINE SE EKSTRA KAGAN-RAAD:
Toe ek nog vir graadsewes skoolgehou het, het ek gesukkel om ‘n manier te vind om die leerders te skuif sodat hulle lekker kan saamwerk. Kagan het ook ‘n oplossing hiervoor. Die sogenaamde “Kagan-viere” van leerders opdeel.
Daar is vier “tipe” leerders wat by elke groep van vier tafels sit.
- BLOU 1 = Middelvermoë hoog.
- ROOI 2 = Laer vermoë.
- GEEL 3 = Middelvermoë laag.
- GROEN 4 = Hoë vermoë.
Die truuk is om dan seker te maak dat die leerders met ‘n te groot gaping in vermoë nie saam met mekaar werk nie. Om daardie rede is daar “face partners” en “shoulder partners”; leerders werk altyd saam met die persoon wat óf langsaan hulle sit, óf voor hulle sit. My klasse met hierdie indeling het altyd soveel beter saamgewerk. Wanneer jy hierdie metode gebruik, kan jy mos altyd ook sien watter belhamels nie by dieselfde tafels hoort nie en jy kan BLOU 1 met ‘n ander BLOU 1 ruil, ens.
Hoop julle kan dit gebruik!
Lees die oorspronklike artikel
Like Neill se blad op Facebook
Lees verder:
Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!
Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!
6 Memes wat net onnies sal verstaan
Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M
Quizlet: Maak digitale flitskaarte!
5 Wenke vir beter klaskamerbestuur
Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!
Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?
Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak