Mondvol Afrikaans is ‘n reeks digitale plakkate en ander hulpmiddels vir Afrikaanse onderwysers en tuisonderrig ouers. Die visuele uitleg maak die plakkate interessant, maar gee ook genoeg inligting en voorbeelde om die inhoud te verstaan.
Ons hou van die volgende plakkate:
- Al die verskillende woordsoorte. Dit lyk regtig anders en nie so vervelig soos ander plakkate nie. As ek ‘n kind was sou ek graag daarna wou kyk. Dis geskik vir Huistaal en EAT.
- Gratis etikette
- Klinkergroep flitskaarte. Daar is ook flitskaarte wat jy self kan verander. Oulik vir Grondslagfase-juffies!
- Dae en maande van die jaar. Dit sluit ook die seisoene in.
- Getalle 1-20. Iets heeltemal anders. Grondslagfase-onnies, julle gaan hiervan hou!
Hier is ‘n paar voorbeelde. Mal daaroor!
Die plakkate is bietjie duurder as gewoonlik, maar dit is definitief die ekstra geldjie werd. Mens koop hierdie goed mos net een keer. Druk dit uit en lamineer dit. Jou klas gaan uitstekend lyk.
Isobel Weenink
Wil asb meer uitvind oor plakkate vam woordsoorte.
Sylvia
EK soek plakkate vir graad 3 in engels en afrikaans. My tema is uile. Die heel nutted.
Marjan Haasbroek
Dit lyk oulik. Ek wil graag meer uitvind.
Hermann Gmeiner p s
We are primary school in Namibia interested in your marerial fpr Afrikaans.
Cecilia
ek soek plakkate van gewilde idiome wat 9 – 11 jariges kan aanleer en gebruik.