Ek weet nie wie Corrie Gunter is, waar hy / sy skoolgee, waar in die wêreld hy / sy vandaan kom nie. Maar een ding is verseker… ek is só verlig dat ek nie meer die enigste een is wat aanlyn hulpbronne skep vir die Afrikaanse klaskamer nie! Gooi gerus ‘n e-pos en stel jouself voor… 🙂
Hier volg skakels na eenvoudige Prezis oor taalaspekte vir EAT leerders. Ek het dit sommer op ons skool se Afrikaanswebtuiste geplaas sodat leerders dit kan gebruik as hersieningsmateriaal. Dit werk ook lekker in die klas, maar ek dink tog dis beter as ‘n naslaanhulpbron vir die leerders… tog baie interessanter as om in ‘n simpel handboek vas te kyk vol simpel dierestorietjies.
Die lys:
- Lydende en Bedrywende Vorm.
- Direkte en Indirekte Rede
- Ontkennende Vorm
- Voegwoorde
- STOMPI (Woordorde)
Ek sien ook nou daar is ‘n blogadres op tumblr. – Afrikaansklas
Annie
My skoon dogter wil so graag Afrikaans leer. Watter boeke of hulp middles kan jy aanbeveel.