Gedurende eksamentyd kan ‘n mens ‘n mens darem maar superverveeld raak. Daar is mos duisende dinge interessanter as merk. Ons het op die Onnies Online Facebook-blad, sowel as Toeter en Twitter aan Onnies gevra watter snaakse antwoorde hulle op vraestelle gesien het. Baie dankie aan almal wat hul antwoorde gedeel het! Waarskuwing: Kru-taal word hier en daar (onskuldig) gebruik. Indien jy nie daarmee saam stem of lekker wil lag nie, verlaat liewer nou hierdie bladsy.
Skryf n stukkie oor jou troeteldier – Gr3. Ek het ‘n kat. Ek hou van my kat want as my kat kak, maak hy sy kak toe.
Vraag:
Verduidelik ‘uit die oude doos’ ….
Antwoord:
Laatlammetjie!
Wat is die ewenaar? Wanneer mnr naar is en ek naar is dan is ons ewenaar. – Gr9.
Die Afr juf vra in hul eksamenvraestel wat beteken die idioom: Uit die veld geslaan. Sy antwoord: ‘n 6.
R Wiese
Oorsake van die Koue Oorlog. Antwoorde: Die son het nooit geskyn nie, die mense het warmte gesoek, die mense het so te sê verkluim.
Gr. 9 Afrikaans (EAT) Begripstoets vraag: Wie, volgens jou, kyk gewoonlik na sepies op televisie? Antwoord: Die remote.
D Gouws Schutte
Gr. 10 Afr. HT. Maak ‘n verklarende sin met “poets”. “Aspoestertjie se poets is deur muise getrek!”.
Gr4 Afr (EAT) Kinders moes net ‘n sin maak met die woord paaie, maar hy wou “traffic jams” gebruik in sy sin… Afrikaanse woord: verkeerskonfyte.
Van die onderwysers-groep op Facebook
Manlike vorm van ‘n weduwee is ‘n skaduwee.
Gr 8 EAT: Die vroulik van graaf? Vurk.
Gr 6 NW. Hoe weet jy as iemand diaree het. Antwoord: Hy het gietergat….
E Prinsloo
Ek vra die volgende vergelyking:
So skelm soos ‘n ………
Die kind antwoord: TSOTSIE!!
“Die duitsers het die khoisan geëet dis hoekom daar konflik tussen die Hollanders en die Khoisan was” (Gesk Gr 10) // Apartheid is ‘n dorp in die Vrystaat (Gesk Gr 12) // Tafelberg is in Nepal waar die onlangse aardbewing was (Toerisme Gr 12) // Kommunisme is ‘n siekte wat depressie in Amerika veroorsaak het (Gesk Gr 11) // Dit reën nie op Tafelberg nie, want die water loop af na die lughawe toe en dan verspil die mense en dan kan dit nie sneeu nie (Sosiale Wetenskap Gr 8)
Gekry vanaf Toeter
Indien julle nog snaakse eksamenflaters het om te deel, lewer hier onder kommentaar of stuur ons ‘n boodskap op Facebook. Hoop julle het lekker gelag.
Deel hierdie skrywe:
J. Theys
Gr. 4: LV
Wat is n boelie?
Dit is iemand wat jo onnorag henner as jy hom niks gemaak het ni!
zelda
Noem 2 regte wat kinders het. Kinders het die reg om stout te wees. Kinders het die reg om vies te wees.
anton
Eksamen vraag (gr 6): hoekom was jan van riebeeck in die kaap? om rugby te kom speel
celesta gerrse
Lmklaaar vi Jan van riebeek wat kom rugby speel ht in die kaap!
Gill
Gr 7 English HL What is a baby salmon called. Answer: a tin (parr)
Hendrik
Dit was kaklekker om dit te lees.
Christel
LO gr 7
What can you do to help Cally to do better in her subjects to remember her work for exams? Eat a banana every hour to give energy.
Wat sal jy doen omdat Dudu v Cally boelie met lelike smse ?? Ek sal vir Dudu se: sies, sies,sies! Jy moet stop!
Jolene
Lekker gelag.
DjC
Voltooi:van pontius na …………….. Antw: panties.
Sonja Francis
Ek het lanklaas so gelag, maar die gr 3 se kat was vir my die beste
Sonja Francis
Ek het lanklaas so gelag. Die gr 3 se kat was skitterend
Michelle van der Lith
In gr. 5 wiskunde, waar n vierkant benoem moet word: “the shape is a fokona (four corner)”…
Sarel
waarvoor staan KFC? …Klein takkie fraai kuiken
kerwin
Love dit!
Cilliers
gr.8 History – “where was the declaration of independence signed?”
answer : “at the bottom of the page”
Pierre
Maak ‘n sin met kamoefleer.
My ma het vir my ‘n handsak van egte kamoef-leer gekoop
Connie Bodenstein
Dankie kollegas
NW gr 7 Wat beteken die term kookpunt? Dit is wanneer iemand se punt begin kook
lyndi
Eksamenvraag gr 4 huistaal. Wat beteken die idioom in die wolke wees. Kind antwoord: dis net engele wat in die wolke is.
M Carstens
Graad 4- Wie sal jy nader as daar nie kos in julle huis is nie?
Ek sal mar vir die Jurre vra, want die Jurre weet hie gat niks ani!