Ek het nou al baie TED-praatjies gekyk en moet sê dat hierdie een ‘n groot impak op my gemaak het. In Suid-Afrika het ons soveel gebroke skole, maar wat kan ons daaromtrent doen?
Op Linda Cliatt-Wayman se eerste dag as skoolhoof by ‘n gebroke hoërskool in Noord-Philadelphia, was sy vasbeslote om haar reëls neer te lê. Maar sy het gou besef haar werk was meer kompleks as wat sy gedink het. Met tasbare passie deel sy die drie beginsels wat haar gehelp het om drie “lae-presterende en gevaarlike” skole reg te ruk. Haar onverskrokke vasberadenheid om te lei – en om die studente lief te hê, maak nie saak wat nie, is ‘n model vir leiers op alle terreine.
Onlangse artikels:
Digitale Media in die Afrikaansklas