Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar is gewoonlik verskeie dae om tydens die skooljaar te vier. Indien jy ‘n veeltalige klaskamer het, kan jy ‘n drietalige een probeer (Engels, Afrikaans, isiXhosa).
Kleurvolle dagprogramtydsgleufflitskaarte kan gebruik word om aspekte soos buitespel, peuseltyd, besprekingskring, ens. aan te dui, maar sluit ook naam- en rakkaartjies in 11 temas in.
Kleurvolle klanke muurkaarte (ideaal vir die Grondslagfase-klaskamer) in Afrikaans en Engels, is as ‘n pakket beskikbaar. Indien jy dit as skrif- of kleikaarte verkies, is daar kleurvolle kaarte in beide tale beskikbaar. Soortgelyke prente (bv. a is vir appel) is in ‘n meer gevorderde Klankhersieningsboekie (vir die enkelklanke én klinkerkombinasies) beskikbaar – in Engels en Afrikaans onderskeidelik.
Meer ontwikkelings- en hersieningstake is in die Dubbel-, Twee- en Drieklanke of Vowel Blends pakkette beskikbaar.
Die Enorme Klanke Mengelmoeskardoes dek die enkel-, dubbel-, twee- en drieklankgidse, asook kleurvolle geïllustreerde flitskaarte – ‘n bietjie meer as 400 bladsye in totaal.
My Klaskamer het ook woordelyste (woordeboeke vir beginners), sigwoordflitskaarte en oggendbundels vir Engelse én Afrikaanse leerders.
Wil julle graag op die visuele persepsies fokus? Loer gerus na die twee gidse in een pakket. Merk jy b/d-verwarrings? Loer gerus na hierdie werksvelle.
Vir skrifvelle, kan jy na die drukskrifvelle en lopende skrif velle loer. Die lopende skrif velle sluit ook muurkaarte (‘n letter per bladsy) in of fokus op natrekwerk.
Beginners, kan aanvanklik na syfers en hoeveelhede loer (bv. prente en getalname) en ‘n getalnaamgidsie gebruik in hul werk. Loer ook na konsepte soos “meer en minder”, “voor en na”, “halvering en verdubbeling”, “ewe en onewe getalle”, geld, tyd (en tydwerksvelle),woordsomme, maaltafels (en veelvoude), maal- en deelsomme en breuke. Die meeste van hierdie dokumente is onderskeidelik in Engels en Afrikaans verkrygbaar.
Kom loer gerus by My Klaskamer vir ‘n verskeidenheid van ongeveer 160 produkte in.